Vrug van verleiding

“Ek weet dit verseker: Die een vrug wat dit regkry om almal te verlei, is ‘n vy…’n Vy is pure nostalgie…’n Vy is ‘n plaasnooi, vars soos groen blare. Vye is ook wulps soos ramlammers. En terselfdertyd gesofistikeerd soos ‘n koning se purperkleed.” Riana Scheepers Lê dit in, sny dit op en meng dit in…

Bokkaas meldalje slaai

My moeder het een aand met hierdie kaaswiele by die huis aangekom, tannie Diana het weer produkte kom lewer in die dorp en hierdie het Naomi se oog gevang. Dankie tog. Tannie Diana maak haar eie maaskaas van bokmelk, bedek dit met ‘n fyn broodkrummeljie en verkoop dit as bevrore medaljes. Die middel is romerig,…

Gousblomkraal

Ek het my moeder se wit mazda gekry en Gouda af gery na Gousblomkraal. Elke keer as ‘n heel hoender uit ons ou blou oond kom, herinner ek my ma om asb nêrens anders hoender te koop, as by Diana van der Merwe nie. Wel tannie Diana vir my. Barstens uit hulle nate en sappig….

Bokkombrood

My pa vra al lank na so ‘n broodjie. Met sy hoë bloeddruk en al, bly bokkoms een van sy gunstelinge. Of die bokkom hom in daai toestand gekry het maak seker ook nou nie saak nie, ek glo nie hy sal die liefde opgee nie. ‘n Trossie bokkoms van Moorreesburg se Weskus Vissery winkel…

Weskus Vissery

Wel ons praat sommer van “Paddatjies” maar hierdie naam verwys eintlik na die kafee langsaan. Ek het vir oom Chris van Schalkwyk en sy span gaan kuier. Altyd as ek inloop sê hy Paula, die avokadopere lyk mooi, of nee wat, nie vandag nie. Ek sien uit na Donderdae, want dis wanneer oom Chris al…

Boon Balletjies

Hierdie resep maak die perfekte happies vir eksamen of studietyd. Jy behoort 20 plus balletjies te kan maak (of minder as jy onbeskofte groottes rol). BESTANDDELE Een blikkie kekerertjies 50 g rou hawermout (oats) 4 Eetlepels grondboontjiebotter 2 Eetlepels lynsaad 2 Eetlepels gekraakte pampoenpitte 1 Eetlepel heuning Knippie sout HOE Dreineer en spoel die ertjies….

Krakerige Kekerertjies

Hierdie koeëls sal jou kombuis vul met die reuk van gebrande botter en spaanse gerookte paprika. Maak jou gereed, jou eetlus gaan dalk op hol gaan. Vyf bestanddele, almal speel saam en vinnig het jy ‘n uitspattige kleuterskool op hande! Een blikkie kekerertjies 50 g gesoute botter 15 ml olyfolie 5 ml gerookte paprika ‘n…

Slaai vir die Braai

Die woord “slaai” het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om al vandag se nuwe dieetplanne te akkommodeer. Slaai is nie net meer groen blare, tamaties en komkommer nie. Ek het lank gedink en kon nie die woord presies definieer nie. Selfs die HAT lys ‘n verskeidenheid van groentes en vrugtes wat in ‘n slaai omskep kan word….

Bakkie Blydskap

Moenie dat die vaal voorkoms jou flous nie. As my dag so begin, begin dit goed (en ek verlaat soms die koshuis met ‘n kakao blerts teen my wang). Die ontbyt is geneig om my langer versadig te hou, danksy die vetryke avokadopeer en neute. Dit kan selfs as ‘n nagereg bedien word in die…

Bulgur, brokkoli en bone

Bulgur koring is ‘n gekraakde, gedeeltelik gekookte volgraankoring. Volgraan, omdat die graan nie verfyn is nie en steeds die natuurlike vesel bevat. Hier is juis waar baie van die nutriënte is en verklaar waarom ons aanbeveel word om eerder volgraan produkte te kies. Ek gebruik hierdie graan as ‘n basis vir baie geregte, omdat dit…

Bloubessie Konkoksie

My blender is een van my kosbaarste aardse besittings. Ek het al heen-en-weer beweeg met blender-en-al in die motor, vir gemoedsrus dat ek anderkant nogsteeds my konkoksies kan opklits! Ek beskou dit as ‘n bederfie aan myself die dag as ek vir my bessies (of neute) koop. Ek troos my deur te redeneer dat ek…

Die perfekte geposjeerde eier!

Blykbaar word dit as ‘n vreesaanjaende taak beskou, maar hierdie mite word vandag onwaar verklaar! Ek sal dit nou nie aan myself doen om ontbyt vir ‘n gros mense te bedien en aan almal ‘n perfekte sag geposjeerde eier te belowe nie… Hierdie ontbyt maak jy vir twee of drie op ‘n slag. Jy moet…